DIE LEWE IN WOORDE

’n Vuurtjie steek U aan


Wanneer ek peinsend oor elke dag
al die engelespore speur,
dan wil ek met sieledank
U met lof en prys vereer,

Refrein:

Want ’n vuurtjie steek u aan
om my te laat verstaan:
U is my Heer, U staan my by.
En al dink ek soms nie so,
my hulp dit kom van Bo.
In uwe liefde is U die God wat by my bly.


Wanneer ek wonder oor elke taak
en die swarigheid daarin lees,
dan wil ek met woord en daad
op u hulp vertrouend wees,

Wanneer ek vresend oor elke kwaal
in my menslikheid somtyds faal,
dan wil ek my tot U keer
dat U my geloof kan staal.

Wanneer ek swig onder aardse sorg
en die kommer dan oor my spoel,
sal U my u almag wys
en my hartsgesindheid voel,

- Kennard Kotze -

Redigering en proeflesing van gehalte, asook die skep van gepaste, kreatiewe inhoud.

life-in-words

© Copyright 2021 Life In Words - All Rights Reserved

How to set up a free website - Look at here