Soos ʼn vlam sonder brandstof het ek jou sien kwyn,
en as ʼn sweempie rook in die niet verdwyn.
Die deel van jou wat jy was,
het verkas.
Dít kan ek wel beaam:
In my verwysingsraam,
het ʼn poort na ʼn ander ryk oopgegaan
en nou is daar in ʼn ander vorm ʼn voortbestaan.
Maar dié vertroosting bly:
Nooit word jy geskei van my!
Waar ek ook gaan, sit of staan,
voel ek jou teenwoordigheid kragtig aan.
En roep ek jou in my geestesoog op,
sien ek jy hou my met belangstelling dop.
Worstel ek soms met angs en nood,
verskyn jy voor my, lewensgroot.
Kom ek te staan voor ʼn ernstige saak,
sien ek, soos jy, die humor daarin raak.
Ander tye roep ek ons herrinneringe op
en voel hoe my hart met warmte klop.
Ons wesens is onlosmaaklik
inmekaargeweef,
nieteenstaande dat ons nou onderskeidelik
voortbestaan en leef.
- Kennard -
Site was made with Mobirise themes